Brasilië president kry heftige teenstand

President Jair Bolsonaro van Brasilië het vroeër gedreig dat hy nie die komende verkiesing se uitslag sal aanvaar nie weens die moontlikheid van verkiesings bedrog wat moontlik is met die stelsel.

Hy het voorgestel dat die verkiesings stelsel verander word om te verhoed dat  bedrog tydens presidentsverkiesings plaasvind.

Die Brasiliaanse Laerhuis van die Kongres het egter die president se voorstel verwerp wat sou beteken dat die land se konstitusie moes verander, waarvoor die parlementslede nie bereid is nie.

Om die voorstel van die president t goed te keur, is 308 stemme nodig, maar slegs 229 stemme is ten gunste van die voorstel uitgebring.

Die vorige week het die Kongres Komitee ook oor die voorstel gestem, en is verwerp met 23 stemme teen die voorstel en 11 ten gunste daarvan.

Bolsonaro sê die land se kiesstelsel leen hom vir bedrog, maar die parlementslede sê daar was nog nie bedrog tydens ʼn verkiesing nie, wat bewys dat veranderings nie nodig is nie.