Brasilië president en regter in stryd

Nadat die Hooggeregshof van Brasilië twee dringende ondersoeke gelas het teen die lans se konserwatiewe president Jair Bolsonaro, het die staatshoof met ʼn teenaanval op die betrokke regter gekom.

President Bolsonaro het die Senaat versoek om die regter uit sy amp te verwyder wat duisende mense in die land laat reageer het teen so ʼn moontlike afsetting.

Die invloedryke kritici sê die president saai twyfel oor die land se stem stelsel noudat voorspellings gemaak word dat hy nie die komende presidentsverkiesing gaan wen nie.

Die presidentsverkiesing sal in 2022 gehou word, en President Bolsonaro  het die Senaat versoek om met die proses van afsetting te begin teen die regter wat beveel het dat twee ondersoeke na sy optrede gedoen word.

Die ondersoeke kom nadat die president aanhoudend sy bedenkinge uitgespreek het oor die elektroniese stelsel wat gebruik word in die presidentsverkiesings.

Meningsvormers reken die president is bewus daarvan dat sy kanse om herkies te word, verskraal het en daarom wil hy optree teen die betrokke regter.