Brasilië president bevraagteken kiesstelsel

Die konserwatiewe president van Brasilië, Jair Bolsonaro, het te kenne gegee dat hy nie noodwendig volgende jaar se verkiesingsuitslag sal aanvaar nie weens die tekortkominge in die kiesstelsel van die land.

Die president sê daar bestaan belangrike tekortkominge in die kiesstelsel, en dit het aanleiding gegee tot ʼn bevel van die Hooggeregshof dat ondersoek ingestel word na die bewerings wat gemaak is.

Politieke ontleders wys daarop dat die president hoop op ʼn oorwinning in volgende jaar se presidentsverkiesing, maar die Verkiesings hof het besluit om dadelik te begin met ʼn ondersoek na die bewerings dat daar ruimte is vir verkiesings bedrog is die stelsel.

Bolsonaro het by verskeie geleenthede al gesê die land se kiesstelsel is nie waterdig nie, en het ruimte vir bedrog omdat manipulasie moontlik is.

Die president het by geleentheid gesê dat die ou papier stelsel weer ingestel moet word ter vervanging van die huidige rekenaar gedrewe sisteem.

Talle kiesers skaar hulle tans by die voormalige president wat tronkstraf moes uitdien weens korrupsie, en die vermoede bestaan dat die opponent, Da Silva, volgende jaar se verkiesing kan wen.