Brandstof prys styg Woensdag

Motoriste sal van Woensdag weer ʼn aansienlike bedrag meer moet opdok wanneer die brandstof se prys opwaarts aangepas word.

Die styging word toegeskryf aan die styging van die internasionale olie prys, sowel as die Rand wat verswak het teen die belangrikste betaalmiddele soos die Amerikaanse dollar.

Die prys styging word ook verder vergroot weens die regering se nuwe heffing wat in werking tree, sê die Departement van Minerale en Energie.

Sowat 6,5 sent sal per liter gehef word vanaf 4 Augustus wat ingevoeg word in die prys van alle soorte brandstof.

  • Petrol 95 en 93: styg met 91 sent per liter;
  • Diesel 0.05%: styg met 55.58 sent per liter;
  • Diesel 0.005%: styg met 54.58 sent per liter;
  • Lamp olie: styg met 50 sent per liter.
  • Gas styg met 67 sent per liter.