Bosbrande bevorder aard verwarming

Die wêreld se bosbrande is vanjaar veel erger as vorige jare, en tans heers daar ernstige en groot brande in die VSA, Italië, Turkye, Rusland, Kanada, Brasilië Sjina, Indië, en ook in lande van Noord Afrika.

In al hierdie lande voer brandbestryders ʼn hewige stryd om die verterende vlamme geblus te kry, en behalwe vir die miljarde dollar se skade aan huise, geboue en ander infrastruktuur is daar die groter kwelling: dit bevorder aard verwarming.

Die brande in talle lande het veroorsaak dat mense verskuif moes word en elders te hervestig, wat nie net geweldige koste meebring wat die lande se ekonomiese stand benadeel nie, maar ook ontwrigtend inwerk op gesinne se geestes toestand, sê wetenskaplikes.

ʼn Verslag wat deur Nasa vrygestel is, word aangedui dat bos- en veldbrande meestal ontstaan weens geweldige hittegolwe wat opgevolg word met swaar weer, en weerlig dan die brande begin, Dit verklaar ook waarom bosbrande op soveel verskillende plekke in ʼn bepaalde area voorkom.

Baie brande word egter gou geblus met reën wat oor die gebied uitsak, maar daar is die meer ernstige brande wat deur mense geblus moet word omdat swaar reën nie uitsak oor die terrein nie.