Bosbrande bedreig Griekse hoofstad

Die Nooddiens in Griekeland moes verskeie voorstedelike woongebiede in die noorde van die hoofstad Athene laat ontruim nadat nuwe brande in die laat middag uitgebreek het.

Die vlamme muur wat vinnig versprei weens die geweldige sterk winde, tesame met die onhoudbare hittegolf het brandbestryders se taak bemoeilik en ook die reddingswerkers se pogings om mense uit die gevaar sone te kry, het tot diep in die nag geduur.

Terwyl vliegtuie water uitgooi oor die brandende bome, en brandbestryders verbete veg om die vlamme weg te hou van die stad, moes duisende mense hulle huise en besittings verlaat om na veiligheid te vlug onder begeleiding van nooddiens werkers.

Benewens die vernietigende brande, is Griekeland ook vasgevang in die erge hittegolf wat die hoogste temperatuur in meer as 40 jaar meet, en wat reeds sowat 7 dae duur.

Berigte is ook ontvang dat ewe gevaarlike brande in Turkye en Italië woed terwyl die wêrelddeel ook met ʼn hittegolf te kampe het.