Bolivia leier aangekla vir volksmoord

Die voormalige president van Bolivia, Jeanine Anez, staar vervolging in die gesig weens beweerde “volksmoord” teen ondersteuners van Evo Morales en vir die aanhitsing tot ʼn kaping in die land.

Volgens ingeligte bronne word sy van ʼn lang lys oortredings beskuldig waarvan sy aangekla gaan word

Die vervolgers sê die voormalige, tydelike president Anez, sal in die hof verskyn op aanklag dat sy verantwoordelik is vir die dood van 20 protesteerder teen haar presidentskap twee jaar gelede.

Al die ander klagtes teen haar, word volgens die vervolgingsgesag beskou as van ernstiger aard wat as “geklassifiseerde en as volksmoord asook ernstige beserings wat die dood veroorsaak het” beskryf word.

Die vervolging kom nadat ʼn verslag van die Organization of American States (OAS) vrygestel is waarin beweer word dat die Bolivia veiligheidsmagte ʼn “moord veltog” uitgevoer het tydens haar bewind as waarnemende president.

Sy is intussen deur die polisie gearresteer nadat bevind is dat sy aan die spits gestaan het van ʼn poging om die regering omver te werp.