Blydskap oor Blou Tuna visse

Na meer as vyf dekades van afwesigheid van die blou-vin tuna vis in die nabyheid van die Denemarke seegebied, is daar vanjaar weer van die visse opgemerk.

Gedurende die afgelope aantal jare het die Deense Nasionale Instituur vir Seelewe, wat deel is van die Tegniese Universiteit in die land, navorsing gedoen om te probeer bepaal wat die rede sou wees dat die visse, wat voorheen ʼn bekende gesig was, later geheel en al weggeraak het.

Onlangs is die eerste van die visse weer in die seegebied opgemerk, en wetenskaplikes reken dit is ʼn aanduiding dat die see terugkeer na wat dit vroeër was.

Volgens die Instituut se rekords is die blou-vin tuna sedert die jare 1960 nie meer gesien nie, maar nou het hulle weer hulle opwagting gemaak.

In totaal is sowat 116 van die visse getel, wat ʼn bemoedigende verskynsel is, word gesê.

Die Instituut het die Kroonprins Frederik van Denemarke verwelkom as helper om die tuna visse met opsporing skyfies toe te rus.