Biden se belofte val plat

President Joe Biden se belofte om die koronavirus pandemie vas te vat, realiseer nie, en sy verwyt dat sy voorganger, Donald Trump, dit swak hanteer het, word nou in heroorweging geneem.

In die afgelope weke het die nuwe infeksies in die VSA skerp toegeneem, terwyl die Demokratiese Party klaarblyklik gedink het hulle het die stryd gewen.

Sowat 51% van die Amerikaanse bevolking is reeds ingeent, maar te midde daarvan styg die infeksies daagliks en elke 24 uur tydperk word meer infeksies aangemeld.

Die wetenskaplikes en geneeskundiges reken die nuwe Delta variant is die hoofoorsaak vir die vinnige styging in getalle wat tans ondervind word, en is die owerheid gewaarsku dat die volgende pandemie dalk nog groter probleme kan veroorsaak.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie sê die grootste deel van die wereld ondervind tans ʼn styging in nuwe infeksies wat klaarblyklik ondervind word met die vinnige verspreiding van die Delta variant wat uit Indië afkomstig is.

Die VSA het tans meer as 35 miljoen infeksie gevalle, waarvan byna 30 miljoen reeds herstel het, en die totale sterftes is meer as 628,000.