Biden se $1 triljoen plan kan sink

Sowat tien Republikeinse en Demokratiese senatore in die VSA steun glo die massiewe plan oor infrastruktuur wat president Joe Biden en sy regering voorgestel het.

Die reuse Plan kan egter nog afgeskiet word omdat ʼn aansienlike aantal senatore van sy Demokratiese Party nie bereid is om die plan te steun in die Senaat nie.

Die VSA senatore het die reuse plan se besonderhede vrygestel, wat klaarblyklik Joe Biden se belangrikste politieke prioriteit sal wees vir die termyn waarin het Amerika regeer.

Die voorgestelde wetsontwerp wat ʼn projek van $1 triljoen sal beteken, gaan bestaan uit $550 miljard in bykomende federale uitgawes, asook $110 miljard vir paaie, brûe en $40 miljard aan openbare vervoer tesame met $6 miljard aan opgradering van die spoor netwerk.

 Die tien senatore en hulle personeel het glo die Infrastruktuur Plan saamgestel wat 2,700 bladsye beslaan, maar waarnemers sê die meerderheid senatore, waarvan baie die Biden ondersteuners is, is nie te vinde vir die enorme uitgawe nie.