Biden nooi Hong Kong inwoners na VSA

Die president van Amerika, Joe Biden, het gesê die “politieke motiewe om mense te arresteer, sit agter die arrestasies, en daarom word inwoners van die stad uitgenooi om na die VSA te verhuis.

Inwoners van Hong Kong wat tans in die VSA is, mag ook hulle verblyf verleng, het die Amerikaanse president gesê, en bygevoeg dat die stappe vir 18 maande geld nadat Beijing die outonomie van Hong Kong gekaap het.

Die Amerikaanse Wit Huis het in ʼn verklaring bevestig dat die inwoners van Hong Kong wat tans in die VSA is, nog 18 maande langer mag bly afgesien van hulle visums se bepalings, en dit word gedoen omdat die politiek gemotiveerde arrestasies op aktiviste, politici en joernaliste aan die orde in die stad.

Verlede week is ʼn 24-jarige aktivis gearresteer en tot 9 jaar gevangenisstraf gevonnis in Hong Kong.