Biden moet vervang word

Die Amerikaanse Verteenwoordiger Madison Cawthorn wat ʼn stewige ondersteuner in die Republikeinse Party is, het ʼn ernstige beroep gedoen op die Visepresident, Kamala Harris, om die 25ste Amendament te gebruik om President Joe Biden te verwyder as staatshoof.

Die oproep is gedoen na aanleiding van President Biden se swak hantering van die onttrekking van Amerikaanse soldate uit Afghanistan en die gevolg daarvan dat 13 soldate gedood is die afgelope week toe IS terroriste twee bomme laat ontplof het wat die dood van 85 mense veroorsaak het.

Madison Cawthorn het skriftelike vertoee tot Visepresident Harris gerig en gesê die Amerikaanse nasie is in ʼn krisis en waarsku dat die Sjinese op die wêreld platform is terwyl die VSA in chaos verkeer omdat hy bedreig word weens die swak leierskap in die land.

“Joe Biden is fisies onbevoeg as leier en dus ʼn demonstratiewe feit wat nie beredeneer hoef te word nie”, het die Republikein geskryf.