Biden moet belofte nakom

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het tydens sy presidentsverkiesing veldtog herhaaldelik skerp kritiek uitgespreek oor die Republikeine en hulle president se onvermoë om die koronavirus pandemie te stop in die land.

Daar gaan nou stemme op in die VSA wat vra dat die president nou sy belofte moet nakom en ʼn einde moet maak aan die toenemende styging in nuwe infeksies wat ondervind word.

Die jongste gegewens toon dat die VSA meer as 100,000 nuwe infeksies per 24 uur aanteken, en word die Biden-regering beskuldig daarvan dat hy nie sy belofte nakom nie.

Die VSA se Nasionale Instituut van Gesondheid het ook sy stem by die massa gevoeg en gesê die regering behoort veel meer te doen as wat tans die geval is.

Ernstige besware word geopper oor die sterftes wat die afgelope twee weke met byna 90% toegeneem het, wat verskeie organisasies bekommerd laat en Joe Biden beskuldig dat sy regering misluk met die veldtog teen die pandemie.

Die hoof van die Instituut sê die VSA moes nooit in die benarde posisie beland het nie, en ander instansies sê Biden moet die situasie regstel of sy bedanking as president inhandig.

Die VSA het reeds meer as 630,000 mense aan die dood afgestaan, en tans is daar sowat 7 miljoen mense in die land wat aktiewe infeksie het.