Biden infrastruktuur ontwikkeling goedgekeur

Die parlementariërs van die Amerikaanse Demokratiese Party het met ʼn meerderheid van stemme in die Huis van Verteenwoordigers, president Joe Biden se multi-triljoen dollar infrastruktuur verbeterings plan goedgekeur.

Biden het die Plan as ʼn historiese gebeurtenis beskryf nadat dit deur die Afgevaardigdes goedgekeur isen gesê dit is ʼn uitmuntende stap vorentoe wat nou goedgekeur is.

 Die Plan is egter eers goedgekeur nadat wysigings ingebring is wt die dispuut uit die weg geruim het.    

Die Huis van Verteenwoordigers wat tans deur die Demokrate beheer word met ʼn meerderheid van verteenwoordigers, poog om twee van Biden se belangrikste projekte goedgekeur te kry. Die een projek ten bedrae van $3,5 tiljoen is gerig op die uitbreiding van opvoeding en studies, wat gesondheidsdienste en ander sosiale programme sal bevorder. Die tweede projek van $1,2 triljoen is gemik op die verbetring van infrastruktuur.

Die Republikeinse verteenwoordigers het die aanvanklike voorstel van Biden teengestaan tot ʼn resolusie aanvaar is wat sekere wysigings meegebring het.