Biden betaal mense om te immuniseer

Die Amerikaanse president, Joe Biden, se skerp kritiek teen sy voorganger se hantering van die inentings veldtog teen koronavirus infeksie, het hom nou in ʼn onbenydenswaardige posisie laat beland.

Die president se inenting veldtog het toe nie so goed verloop as wat die jongste opnames reflekteer nie, want die infeksies is aan die toeneem en die sterftes het dramaties gestyg.

Die president wat klaarblyklik glo die vsa kan alles met geld regstel, het nou aanbeveel dat mense wat hulle laat inent, vergoed sal word. Die nuwe benadering is glo om mense aan te moedig om hulle te immuniseer.

Minder as 50% van die Amerikaanse bevolking is geïmmuniseer, wat daarop dui dat miljoene mense nie bereid is om ingeënt te word nie.

Die president het aanbeveel dat mense wat gewillig is om ingeënt te word, $100 (sowat R1,500) betaal sal word, en wat die staatskas miljarde dollar kan kos.