Belarus dwing Olimpiese Spele atleet

Die 24 jarige Olimpiese Spele atleet, Krystina Timanovskaya, wat die afrigters van Belarus se span gekritiseer het, is deur die Belarus hoofde gedwing om terug te keer na die land.

Sy het egter geweier om op die vliegtuig te klim, en die Poolse ambasade het tot haar redding gekom deur haar huisvesting te bied tot verdere reelings wat vir haar aanvaarbaar is, getref kan word.

Die Belarus span se bevel en pogings om die naelloper terug te stuur huis toe, het egter tot gevolg dat die Olimpiese Komitee ondersoek instel na die bewerings dat hulle die atleet gedwing het om terug te gaan huis toe.

Intussen is die jong atleet, Krystina Timanovskaya, in goeie versorging by die Poolse ambassade in Tokio, en geniet ook die sekuriteit van die japanese polisie.

Sy het gesê dat die spanbestuur haar onvoorwaardelik lughawe toe geneem het omdat sy die afrigters gekritiseer het, en het bygevoeg dat sy vir haar veiligheid gevrees het.