Belarus destabiliseer buurlande

Die diktator van Belarus word daarvan beskuldig dat hy die immigrante misbruik om die naburige lande te destabiliseer.

Latvia, Litoue , Pole en Estland het ernstige beswaar gemaak by die Verenigde Nasies en gesê Belarus is besig met ʼn soort baster aanval op

Hulle as buurlande.

Die spanning het intussen skerp gestyg op die grens met Belarus, en die EU lidlande sê die situasie is so gespanne dat dit selfs tot uitbarsting kan kom.

In ʼn gesamentlike versoekskrif aan die Verenigde Nasies word gevra dat die VN aksie neem om die plofbare situasie te ontlont.

Die vier lande sê duisende immigrante het reeds die afgelope paar maande oor die Belarus grens na hulle gekom, en die lidlande het nie voorsiening gemaak om die mense te akkommodeer nie.

Die vier EU lidlande sê hulle is oortuig daarvan dat die voortslepende krisis deeglik beplan is en doelbewus deur Belarus se President Alexander Lukashenko begin is.