Belarus beskuldig van onwettige immigrante verskuiwing

Die Europese Unie se lidlande beskuldig die regering van Belarus dat hulle immigrante in hulle land aanmoedig om oor die grens na buurlande te vertrek.

Belarus se optrede is skynbaar as “teenvoeter” vir die baie sanksies wat teen die land en sy hoë profiel politici ingestel is.

Letland is een van die buurlande wat met die onwettige optrede gemoeid is van immigrante wat oor die grens vanaf Belarus kom, en eis dan verblyf en finansiele ondersteuning.

Die owerheid en gesaghebbendes in die Baltiese lande wat lid is van die Europese Unie beskuldig Belarus daarvan dat hy die immigrante in sy land aanmoedig om op onwettige wyse oor die grens na buurlande te gaan.

Dit is veral immigrante afkomstig van die Midde-Ooste en Afrika, wat nou poog om druk toe te pas op die EU om die sanksies teen Belarus op te hef, want hulle word ook benadeel as immigrante.

Latvia het die eerste staat geword wat maatreels getref het en ʼn nood toestand vir gebiede by die grens met Belarus afgekondig wat geldig sal wees tot Middel November.

Die dekreet wat uitgevaardig is, en wat oor ʼn grens afstand van sowat 170 km strek, gee veiligheidsbeamptes en soldate wat ontplooi word, magtiging om hardhandig met immigrante te werk wat op onwettige wyse die grens oorsteek.