Banke het ook swaar deurgeloop

Die verskillende Banke in Suid-Afrika het ook tydens die plundery en rooftogte van twee weke gelede, miljoene Rand verloor by OTM punte wat besteel is.

In die jongste opname is getoon dat sowat R20 miljoen se kontant weggeraak het en wat later deur die diewe en plunderaars gebruik word om hulle benodighede aan te koop.

Alhoewel seker OTM installasies die banknote kleur sodra dit aangeval word, blyk dit dat metodes reeds gevind is om die kleursel te verwyder, terwyl daar ook OTM stelsels is wat nie die fasiliteit het nie.

Later is berig dat meer as 1,400 outomatiese teller masjiene vernietig is, en dat 269 takkantore van banke vernietig is, en dit gaan 2 maande neem om weer aanlyn te kom, is gesê.