Australië verwerp Sjinese eise

Uit Canberra, Australië, is verneem dat die Minister van Buitelandse Sake haar voet dwars gesit het en gesê die land sal nie toegee aan Sjina se eis om bilaterale gesprekke te hervat nie.

Minister Marise Payne sê Sjina het Australië ingelig dat hulle bilaterale gesprekke sal hervat, slegs as sekere voorwaardes nagekom word.

Sy sê Australië plaas geen voorwaardes op die bilaterale dialoog met Sjina nie, en sal nie enige voorwaardes wat Sjina stel, kan nakom nie.

Die spanning tussen die twee lande het verhoog nadat Australië ʼn verbod geplaas het op die uitsendings van Huawei gedurende 2018.

Die verhouding is verder versuur toe Australië ʼn onafhanklike ondersoek ingestel het oor die oorsprong van die Covid-19 virus wat die wêreld besoedel het.

Die Sjinese ambassade in Canberra het nie op die Minister van Buitelandse Sake se uitlatings gereageer nie, en alhoewel die spanning hoog is, bly Australië se grootste invoere van handelsware, vanaf Sjina.