Algerië en Marokko- spanning loop op

Die twee state van Noord-Afrika wat dekades lank in ʼn dispuut vasgevang is, se wedersydse betrekkinge het die week verder versuur, en Algerië dreig om diplomatieke bande te beëindig met Marokko.

Die dispuut wat hoofsaaklik handel oor die Westelike Sahara streek het die twee lande uitmekaar gehou, wat nou deur Algerië verder geneem gaan word as diplomatieke bande ook beëindig word..

Algerië se Minister van Buitelandse Sake, Ramtane Lamamra, het deurgaans beweer dat sy buurland “vyandige aksies” uitvoer, maar Marokko het die aanklag nog altyd verwerp.

Die Algeriese minister sê Marokko gebruik Pegasus spioenasie toerusting teensy land en ondersteun ʼn separatiste groep en weier om op bilaterale vlak te kommunikeer, en beskuldig die bure dat hulle veldbrande veroorsaak wat groot skade aangerig het.

Algerië het egter daarop gewys dat alhoewel diplomatieke bande gestaak word, die konsulate steeds gevestig bly, en dat pogings aangewend sal word om betrekkinge via ander kanale te verbeter.