Afghane vlug dalk na Oostenryk

Alhoewel die regering van Oostenryk sal toelaat dat ʼn man van Afghanistan wat vroeër asiel geweier is, toegelaat sal word om in die land te bly toot aan die einde van Augustus vanjaar.

Die regering van Oostenryk se aankondiging kom nadat die Menseregte Hof van Europa beslis het en dus voorkom het dat sy verblyf in Oostenryk geweier word/

ʼn Nie-regerings organisasie het gevra dat die Europese lande moet ophou om mense na Afghanistan te deporteer aangesien duisende inwoners in die oorlog geteisterde land nou gereedmaak om te vlug na ander lande.

Die regering van Oostenryk sê hulle sal toegee aan die versoek dat die Afghaanse man tot 31 Augustus in die land bly, maar nie vir langer as dit nie.

Die president van Amerika het vroeër die afgelope week beklemtoon dat sy land bereid is om duisende Afghaanse vlugtelinge te ontvang terwyl daar lande in Europa is wat nie bereid is om die vlugtelinge langer te huisves nie.

Meningsvormers reken die man wat asiel soek in Oostenryk, is slegs ʼn voorbeeld wat die regering van Oostenryk aan die wêreld wil stuur waarin dit duidelik is dat hy nie Afghane gaan huisves nie.