Absa huur mense met vaardigheid

Die Absa bankgroep sê hy wil sowat 250 goed opgeleide, vaardige en professionele mense huur in die komende maande om aanvullend te wees tot die binne huise v aardigheid wat ontwikkel moet word.

Die ontwikkeling is gekoppel aan ʼn program om vaardighede te verskerp met die fokus op die digitale transformasie wat in die finansiële dienste sektor benodig word.

In Suid-Afrika het die bankgroep meer as 27,000 mense in diens, wat werk in die 619 takkantore en 8,660 OTM punte.

Die stap om professionele mense te huur word beoog om die groeiende vraag na tegnologiese en sekuriteit vaardighede in die mark ondervind word.

Die uitbreek van die pandemie het ʼn groot rol gespeel in die vraag na dienste wat gebied moet word sonder dat die kliënte die bank se takkantoor hoef te besoek, en daarom sal nuwe tegnologie deurlopend aandag verg, sê sake deskundiges wat funksioneer op die gebied van tegnologies gevorderde digitale dienste.

Absa kyk na persone wat gekwalifiseer en professioneel is op die gebied van data ingenieurswese, data wetenskappe, “wolk” deskundiges, sekuriteite, en ander aspekte soos produk vaardighede.