Zuma se uitgerekte sake

Estcourt se nuwe tronk

Die voormalige ANC president, Jacob Zuma, is in polisie aanhouding nadat hy homself in die oggendure van Donderdag aan die polisie oorgegee het.

Dit volg na ʼn week van drama toe Zuma ondersteuners met grootpraat en ʼn massa-optog probeer het om Zuma te beskerm teen arrestasie weens sy oortreding om ʼn hofbevel te verontagsaam.

Die Minister van Polisie se woordvoerder het bevestig dat Zuma, wat 79 jaar oud is, in aanhouding is, en dat hy waarskynlik oorgeplaas sal word na een van die bekende tronke.

Die Zuma Stigting het ook bevestig dat die voormalige president homself aan die polisie oorgegee het gedurende die middernagtelike ure van Woensdagnag.

Gevangenis owerhede het die gebeure bevestig en het verklaar dat Zuma in die tronk opgeneem is om sy 15 maande tronkstraf uit te dien.

Hy is tans in die nuut opgerigte Estcourt Korrektiewe Sentrum in Natal, en die gebeure maak geskiedenis omdat dit die eerste voormalige president van Suid-Afrika in die tronk beland het.