Zuma se dogter glo opstoker

Die veiligheidsmagte het klaarblyklik ʼn lys van name van persone wat agter die opstokery sit om Suid-Afrika onregeerbaar te maak en ekonomies te ruïneer.

Een van die name wat op die lys verskyn, is ʼn dogter van die voormalige ANC president, Jacob Zuma, wat na bewering die voorbeeld gestel het om te plunder.

Die Minister van Polisie wou egter nie reageer op die vraag of die dogter van Jacob Zuma, ene Duduzile Zuma-Sambundla, een van die persone is wie se naam op die lys van verdagtes is nie.

ʼn Ongekontroleerde Twitter berig onder  die naam van Duduzile Zuma-Sambundla, het blykbaar mense aangemoedig om deel te neem aan die verset teen die Zuma inhegtenisneming wat hom uiteindelik in die Estcourt tronk laat beland het.

Woordvoerders van die ANC sê die vrou sal versoek word om haar Twister boodskappe te verduidelik aangesien sy nopg lid van die ANC as politieke party is.

Politieke ontleders beweer dat Minister Cele oor ʼn lys van 12 name beskik van verdagtes wat agter die onluste sit as opstokers en betrokke “leiers”.