Zuma-onluste ontwrig ekonomie

Die eise van ʼn klein groep ondersteuners dat Jacob Zuma vrygelaat moet word, het in geweld omgesit waar meer as 70 mense dood is in stormlope van diewe wat die winkels beroof van voorraad.

Die polisie woordvoerders wys daarop dat meer as 1,200 diewe reeds gearresteer is en dat die soektog na belhamels voortduur, maar die geplunder hou nie op nie.

In sekere gebiede het die gemeenskap ʼn buffer van mense gevorm rondom koop sentrums ten einde te verseker dat die skurke en vandale nie die winkels stroop van hulle voorraad en infrastruktuur nie.

Die polisie se halfhartige optrede in sekere gebiede is skerp veroordeel, maar daar is ook dele waar hulle kragtig opgetree het en honderde diewe en rowers gearresteer het.

Die land se ekonomie is met miljarde Rand verswak, en die totale skade is nog lank nie bereken nie, maar ekonome reken dit is die ergste terugslag wat nog ooit in die finansiële geskiedenis, en wat onluste verwant is, aangeteken kon word.

Benewens die dosyne vragmotors wat vernietig is, die voorraad wat aan sakeondernemings gelewer moes word maar deur diewe en rowers gesteel of verbrand is, het reeds die R150 miljoen kerf verbygegaan, maar die groter skade is die plundering en die leeg dra van winkels se voorraad wat miljarde Rand beloop.

Vervoer maatskappye sê hulle weier om enige voorraad te vervoer solank die geweld voortduur, wat beteken winkels gaan sukkel om voorraad aan te vul.

Die nadraai, sê politieke ontleders, is dat die buitelandse beleggers nou soveel skrik gevang het dat hulle hoegenaamd nie Suid-Afrika as beleggings gebied beskou nie.

Terwyl bewerings gemaak word dat senior ANC lede na Estcourt per helikopter is om te onderhandel met Zuma oor vrylating, en die polisie saam met die weermag soldate probeer om orde te herstel, dra diewe nog steeds die een winkels na die ander leeg.