Zuma binnekort uit tronk

Ingeligte bronne beweer dat die voormalige ANC president, Jacob Zuma, nie lank is die tronksel sal deurbring nie, afgesien daarvan dat hy ʼn luukse sel met TV en telefoon geniet.

Die bewering word gemaak dat hy binne drie maande mag aansoek doen vir parool, en dat aangevoer sal word dat sy gesondheid en ouderdom dit regverdig.

Onbevestigde berigte lui dat Jacob Zuma nie in ʼn sel opgesluit is nie, maar is opgeneem in die moderne hospitaal afdeling van die Estcourt tronk wat eers onlangs in gebruik geneem is.

Dat die oud president nog in die Hooggeregshof van Pietermaritzburg moet verskyn in die saak teen hom weens beweerde korrupsie, wat verband hou met die wapentransaksies skandaal, sal glo uitgestel word tot Zuma uit die tronk kom.

Kenners wys daarop dat die moontlikheid bestaan dat Zuma na 3 maande vrygelaat kan word, en dat hy gevolglik by skuldigbevinding van korrupsie in die wapenskandaal, ook baie gou sal kwalifiseer vir parool.