Weggooi vragmotor veroorsaak chaos

ʼn Vragmotor wat weggegooi is het vir ʼn uiters gevaarlike situasie gesorg toe dit in die Amerikaanse  deelstaat Georgia teen ʼn snelweg se oorbrug gebots het en die massiewe brug byna 2 meter geskuif het.

Die geweldige slag was kilometers ver gehoor toe die botsing teen die brug plaasvind, maar ingenieurs sê dit is iets wat hulle nog nooit gesien of selfs van so iets gehoor het nie.

Die snelweg na die oorbrug is gesluit en sal vir ʼn onbepaalde tyd so wees tot ingenieurs planne besink het om die brug weer terug geplaas te kry op sy oorspronklike plek, en dit dat so te doen dat dit nie weer verskuif sal kan word nie.

Aanvanklik is gehoop dat een baan wel gebruik kan word om oor die brug te gaan, maar ingenieurs het dit ten sterkste afgekeur.

Meningsvormers in die gebied reken egter die brug was al die jare ʼn risiko en dalk nooit behoorlik gemonteer nie, maar gee toe dat die massiewe stuk beton waarvan dit gemaak is, nie maklik verskuif sou kon word nie.