Wat van Pandemie nommer vier?

Die derde pandemie is in groot dele van die land aan die afplat, en dit word voorsien dat die derde pandemie, wat baie lewens geëis het, en veel erger as die vorige twee was, eers in middel Augustus sy piek sal bereik.

Deskundiges reken daar is provinsies waar die derde pandemie nou eers begin, en wat eers middel September sal afplat tot vlakke wat mense meer gerus maak.

Die slegte nuus is dat dit juis die gerustheid van mense is wat ʼn volgende pandemie moontlik maak, en met die ontstaan van nuwe variante, is daar geen waarborg dat Suid-Afrika nie in Oktober Pandemie 4 gaan kry nie.

Kenners waarsku veral teen die gevaar van nuwe variante wat die land kan binnekom sodra vliegtuie weer voluit op hulle vlugte is vanaf die buiteland.

Die inenting veldtog wat tot hede nie wou momentum kry nie, sal volgens die ANC president, nou versnel word, en die vooruitsig dat 31 miljoen dosisse entstof teen die koronavirus in die volgende maande afgelewer gaan word, is bemoedigend.

Medici en privaat instansies het weer vertoë gerig tot die regering om die privaat sektor te betrek by die inenting veldtog, sodat ʼn grootskaalse veldtog van stap[el gestuur kan word.

Berekenings wat gemaak is dui daarop dat die Vierde Pandemie waarskynlik nie vermy gaan word nie weens die stadige pas waarteen die inenting begin is, en wat nou eers versnel gaan word.