Washington burgemeester stook onrus

Onrus is aan die opbou in die Amerikaanse stad Washington nadat die burgemeester besluit get dat die parade by ʼn sentrum wat met groot geel letters die woorde Black Lives Matter op die loop oppervlakte geverf het, nou permanent so gaan bly.

Die besluit het ook bygedra daartoe dat die winkelsentrum voortaan deur sekere deel van die inwoners herdoop is na die BLM Sentrum.

Benewens die veranderings het die owerheid ook ʼn nuwe straat bord aangebring wat “Black Lives Matter” is, en wat rigting aandui na die sakesentrum, en wat boonop naby die Wit Huis is.

Muriel Bowser, die burgemeester van Washington, en die Distrik Departement van Vervoer het aangekondig dat planne gemaak is om die inwoners van die stad te herinner aan die onreg wat gepleeg is.

Sekere strate is tydelik gesluit sodat die mense geforseer word om so te ry dat hulle die BLM tekens  sal kan sien.