VSA: Sterker optrede teen Hong Kong

Die Verenigde State van Amerika se mikpunt met nog meer sanksies teen Sjina se Hong Kong, het ook ten doel om die Sjinese invloed aldaar te neutraliseer.

Die VSA die sanksies is in reaksie op Beijing se verharde benadering om protesteerders in Hong Kong te verbied tot sulke optrede soos wat in die verlede toegelaat is.

Daarmee probeer die VSA die druk op Sjina verhoog en die nuwe sanksies is van toepassing op sewe van Sjina se senior persoonlikhede op politieke gebied.

ʼn Woordvoerder in die VSA sê die nuwe sanksies sal ʼn besliste invloed uitoefen op besigheid en op individuele persone se bewegings en handelinge. Die optrede sal diegene wat geraak word deur die sanksies bewus maak van die invloed wat Beijing op Hong Kong uitoefen en wat tot nadeel van die stad strek.

Vier Amerikaanse Departemente het die sanksie verbod onderteken wat die sanksies van krag maak, maar waarnemers reken die optrede sal beperkte invloed he aangesien die stad toenemend die demokrasie verlaat en oor beweeg na die Sjinese kommunisme van Beijing.