VSA maatskappy herstel na kaping

Kaseya, die maatskappy wat deur kuberkrakers aangeval is, sê hy is besig om te herstel van die aanslag, en sal binnekort terug wees op sy aanlyn stelsel.

Die Amerikaanse maatskappy, wat diens lewer aan ʼn groot aantal instansies, het ʼn eis van die kapers geïgnoreer wat $70 miljoen verwag het wat klaarblyklik deur verskeie kliënte sou moes gehelp word om te vereffen.

Die moontlikheid was nie uitgesluit dat honderde maatskappye se IT stelsels geraak kon word deur die aanval op die Kaseya maatskappy, en die VSA se President Joe Biden het gesê die skade wat die kuberkrakers aan Amerikaanse maatskappye gedoen het in werklikheid “minimaal” is.

Die vermoede bestaan dat REVvil, wat verbind word aan Rusland omdat die kapers Russies besig met mekaar, het later bevestig dat hulle vir die aanval verantwoordelik is.

Kaseya is ʼn Amerikaanse IT sagteware maatskappy wat diens lewer aan honderde instansies, en die VSA kon ernstige skade opgedoen het as die maatskappy nie dadelik opgetree het om sy eie stelsels weer te herstel nie.