VSA diplomate besoek ook Indië

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake en ander senior diplomate het die afgelope week besoek afgelê in die Ooste, waar hoogs vertroulik met Indië gesprek gevoer sal word oor sake in die streek.

Minister Blinken het egter die Indiese Eerste Minister,  Narendra Modi, en die Minister van Buitelandse Sake, Subrahmanyam Jaishankar, eerste besoek.

Dit is Antony Blinken se eerste besoek aan Indië sedert die biden regering in Januarie die leisels oorgeneem het in die VSA, en sal waarskynlik menseregte aangeleenthede, die Sjinese bedreiging, en Afghanistan bespreek sodat die alliansie sy bande kan verstewig.

Die besprekings sal ook handel oor die nagevolge van die botsing tussen Indië en Sjina, sowat ʼn jaar gelede, toe ernstige verskille ontstaan het oor die grenslyn tussen die twee kernwapen moondhede.

President Biden het verskeie kere met die Indiese premier telefonies gesprek gevoer en waarnemers reken die VSA poog om die alliansie vennote bymekaar te bring om gesamentlik op te tree teen Sjina, en sal klaarblyklik daarop ingestel wees om die Sjinese handel in te kort.