VN steun Afrika Unie oor Nyl dam

Terwyl die spanning aan die oplaai is teen Ethiopië wat besig is met sy volgende fase in die oprigting van ʼn damwal in die Nylrivier, het die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad ʼn dringende vergadering gehad waarin die dam die belangrikste onderwerp van bespreking was.

Egipte en die Soedan word nadelig geraak deur die dam wat ernstige veranderings in die stand van die Nyl se water teweegbring, en die dispuut met Ethiopië het in talle vergaderings geen oplossings gebring nie.

Die VN het weereens ʼn beroep gedoen op die drie lande om dialoog te hervat, en die Veiligheidsraad is deur Egipte en Soedan versoek om te help om oplossings te vind.

Die twee lande se noodkreet kom kort nadat dit bekend geword het dat Ethiopië nou die volgende fase in die oprigting van die reuse wal, begin het.

In sy jongste verklaring sê die VN dat ʼn oplossing vir die dispuut is bereikbaar as al drie lande hulleself verbind daartoe om antwoorde te vind.