VN beveel Kuba: Laat betogers vry

Michelle Bachelet, die Menseregte beampte van die Verenigde Nasies, het die regering van Havana om die betogers wat vreedsaam opgetree het, en gearresteer is, onverwyld vry te laat.

Die betogers wat die strate van groot stede van Kuba ingevaar het uit protes teen die regering se optrede, en die tekort aan voedsel en medisyne, is deur die Kubaanse owerheid beskuldig dat hulle die protes aksies in die sosiale media gepropageer het, en dat hulle optrede uit die VSA aangemoedig is.

Die kommunistiese regering van Kuba is nou reeds vir ʼn week in die greep van woedende inwoners wat in verset is teen die regering, en met slagspreuke wat lui dat die kiesers ontslae moet raak van die kommunistiese diktators.

Michelle Bachelet sê die VN se Menseregte afdeling is ook bekommerd oor die berigte wat ontvang is dat die veiligheidsmagte van die regering talle betogers met die gebruik van geweld gearresteer het. Sy het die Kubaanse regering versoek om die pro-demokrate vry te laat, en eerder in gesprek te gaan met die ontevrede mense.