Virus: Is derde inspuiting nodig?

Die Amerikaanse entstof vervaardiger, Pfizer Inc, beplan om die VSA reguleerders te versoek om goedkeuring te gee dat ʼn derde dosis entstof in sekere gevalle toegedien kan word as versterker van die immuunstelsel teen die Covid-19 koronavirus met al sy variante.

Die vervaardiger wil ook versoek dat die goedkeuring in volgende maand gedoen moet word om mense wat nie behoorlik herstel van infeksie nagevolge nie, verder te help.

Volgens Pfizer bestaan daar ʼn groter risiko vir infeksie by sommige pasiënte wat na hulle ses maande tevore ingeënt is, om weer infeksie op te doen, veral met variante soos Delta en Lambda.

Die VSA se Voedsel en Medisyne Administrasie, asook die Sentrum vir Siekte Beheer en Voorkoming, sê in ʼn gesamentlike verklaring dat lande soos die VSA wat ʼn groot persentasie van die bevolking geïmmuniseer het, benodig nie ʼn derde inenting nie.

Verskeie Amerikaanse wetenskaplikes het ook die wenslikheid van ʼn derde inspuiting verwerp en gesê dit is beslis onnodig.