Uittog uit SA verhoog dramaties

Die Exodus van mense in Suid-Afrika het so dramaties gestyg dat dit as die grootste “stormloop” na die buiteland bestempel is.

Volgens een agentskap wat die uittog behoorlik analiseer sê die aansoeke wat hy ontvang het toon ʼn styging van meer as 1,500% teenoor wat dit verlede jaar ooreenstemmende tyd was.

Die agentskap sê die oorgrote meerderheid aansoekers is goed opgeleide mense wat nou dringend die land wil verlaat, en die hoof redes wat aangevoer word, is die anargie wat die afgelope week in minstens twee provinsies, Natal en Gauteng, geheers het. Die tweede rede wat aangevoer word is die regering se onvermoë om die inenting teen die koronavirus se veldtog op dreef te kry.

ʼn Tweede agentskap beweer dat hulle reeds 1,300% meer aansoeke vir Julie het as wat in die hele 2020 ontvang is, en voer aan dat die grootste rede wat aangevoier word, die onluste is wat tans heers in die land.

Die aansoekers voer aan dat niemand werklik bereid is om in onveilige toestande te werk nie, en in Suid-Afrika is daar nou te veel gevare wat verblyf onaangenaam maak, is gesê.