Uit my Kuierkombuis

Soms word jy verplig om met dit wat tot jou beskikking is,  te gebruik om ‘n gereg mee te maak.   Van die basiese bestanddele is brood, eiers en kaas wat ons gewoonlik beskikbaar het.  Wanneer ons ‘n vars brood koop en daar nog van die vorige brood ‘n paar snye oor is,  bêre ek dit in die vrieskas om later te gebruik.

Haastige Huisvrou pastei (Elsie Meintjies)

6 snye brood (wit of bruin of volkoring)

1 blik ingemaakte beesvleis (bullybeef) gesnipper of 6 – 8 weense worsies gerasper

2 eiers, geklits

30 ml fyn gekapte ui

500 ml melk

250 ml gerasperde kaas

5 ml aangemaakte mosterd

Knippie neut

Sout en wit peper na smaak

Metode:

  1.  Smeer ‘n oondbak of bespuit met kleefwerdende middel
  2. Rangskik die brood (gesmeer met botter) met die botterkant na bo.
  3. Druk die weenseworsies fyn (of rasper dit met growwe kant) en meng met die fyn gesnipperde ui en die teelepel aangemaakte mosterd. 

**  Indien jy boeliebief gebruik,  vlok dit met behulp van ‘n vurk.

  1. Skep dit eweredig oor die brood.
  2. Klits die eiers en melk asook die geursel en giet dit oor die brood en uiemengsel.
  3. Strooi die kaas bo-oor en
  4. NB…… laat staan die gereg eers vir ten minste 1 uur.
  5. Bak daarna in ‘n matige oond (180°C) vir 30 minute of tot mooi goudbruin.

Pas die resep aan volgens u smaak met gekapte tamaties (saam met die gekapte ui), oorskiet maalvleis/gewone weenseworsies/spek/hamblokkies ens.