Tydelike ooreenkoms tussen regering en Vakbonde

Die ANC regering het ʼn tydelike ooreenkoms bereik met die vakbonde oor salaris verhogings vir die grootste deel van die dienste sektor.

Met die ooreenkoms is die dreigemente van langtermyn stakings voorlopig afgeweer, maar bestaan die moontlikheid steeds dat daar later wrywing kan kom.

Die ooreenkoms is Maandag onderteken deur die SA Demokratiese Onderwyser Unie, die Nasionale Professionele Onderwyser Organisasie, die Gesondheid en ander dienste, die Handel Unie, die Openbare Dienste Vereniging, en die Verpleegsters Organisasie.

Die besonderhede is deur die Minister van Openbare Werke bekendgemaak nadat die finale ondertekening gedoen is die afgelope Maandag.

Sowat 1,3 miljoen staatsdiens werkers is in die onderhandelings betrek, maar alhoewel daar geen besonderhede bekend is oor die omvang van die totale ooreenkoms nie, kan verwag word dat die vakbonde vorentoe hulle eise veel hoër gaan stel as wat die owerheid tans beraam.