Trump Jr. betrokke in 2022 verkiesings

Die seun van die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, het gesê hy sal “oral in Amerika” wees in 2022 met die middel verkiesings aangesien die Republikeine hulle ten doel gestel het om weer die meerderheid in die Senaat te kry, en sal selfs poog om die Huis van Verteenwoordigers ook te beheer met ʼn meerderheid.

Donald Trump Jr. Sê hy sal oral betrokke wees, en sal die Republikeine se belange bevorder tot die hoogste moontlike mate, en het aan Fox Nuus gesê hy sal tot met die presidentsverkiesing in 2023 baie betrokke wees.

Die jongman was spreker by die Konserwatiewe Politieke Aksie Konferensie in Dallas, Texas terwyl sy broer, wat groot aansien geniet onder konserwatiewe Amerikaners, ook betrokke is in die stryd wat voorlê.

Donald Jr. Sê hy sal baie besig wees om die Republikeine tot oorwinnings te lei, en sy byna 7 miljoen ondersteuners op die sosiale media netwerk is bepaald ʼn positiewe element wat sal bydrae tot sukses, is gesê.