Trump inisiatief versterk vrede

Die inisiatief van die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, het die potensiaal gelewer om die vrede in die Midde-Ooste te versterk toe hy die eerste Arabiese lande beweeg het om normale betrekkinge met Israel aan te knoop.

Die afgelope week het die Verenigde Arabiese Emirate aangekondig dat hy die handelsbetrekkinge met Israel wil versterk, en met ʼn ambassade in Tel Aviv het die land sy verbreding van ekonomiese bande met Israel begin.

Die Emirate wil begin met toerisme, en finansiële dienste, as vertrekpunte om die betrekkinge uit te bou, en beskou dit as nog ʼn mylpaal in die proses om die vrede in die streek te verseker.

Die Emirate se ambassade is geopen terwyl die president van Israel, Isaac Herzog teenwoordig was en saam met Mohamed al-Khaja van die Emirate ambassade die seremonie bygewoon het.

Die Emirate is die derde Arabiese land wat ʼn ambassade in Israel open, en daarmee volle diplomatieke verbintenis met Israel aangegaan het.