Tesourie in die knyp oor salarisse

Die Nasionale Tesourie het bevestig dat die regering se jongste salaris aanbod aan die Openbare Dienste sektor, die kompensasie plafon sal breek.

Die Tesourie bedoel daarmee dat die salaris aanpassing aan die Openbare Dienste sektor sal ʼn vermindering in ander regerings afdelings beteken, anders kan dit meebring dat die begroting ontwrig word.

Alhoewel die vakbonde se eis van 7% nie ontmoet kan word nie, het die regering skiet gegee en sy 1,5% verhoging aangevul met ʼn bykomende R1,000 betaling.

Die verhogings wat die Tesourie nou aanbied, sal die staat sowat R20 miljard per jaar kos, en dit word deur ekonomiese deskundiges beskou as ʼn gevaarlike spel wat die land se ekonomiese stand verder die afgrond sal in druk.

Ekonome wys daarop dat die aanbod meebring dat die begroting oorskry en dat die oorskryding se bedrag elders vandaan gehaal moet word, wat nie beteken dat geld elders geleen moet word nie.