Taliban neem beheer oor groot gebiede

Die Taliban sê hy beheer nou 85% van die oppervlakte van Afganistan, en wil geen onderneming gee aan die VSA  dat hy sal saamwerk om ʼn skietstilstand ooreenkoms te bereik nie.

Alhoewel ʼn ooreenkoms met die Taliban bereik is dat hy nie die groot stede van die land sal aanval met die doel om beheer daarvan oor te neem nie, word dit ʼn al groter moontlikheid dat hy die ooreenkoms kan verbreek.

Militêre waarnemers sê die vinnige beheer wat die Taliban oor groot dele van die land gekry het, egter misleidend is aangesien die regeringsmagte nie goed verteenwoordig is in die afgeleë plattelandse streke nie.

Oral in die gebiede waar die rebelle groep die gebied beset het, word huise en ander geboue gesien wat in rook en vlamme opgaan, en daarmee word vrees ingeboesem in burgerlikes wat dit sou oorweeg om in verset te gaan.

Die Russiese Minister van Buitelandse Sake het bevestig dat die Taliban in die afgelope paar weke groot gebiede verower het en tans sowat 65% van die land se oppervllakte beheer, en wys daarop dat die militante ook die vermoë het om belangrike ekonomiese gebiede oor te neem.