Swaarkry dae kom na krisisse

Die Graderingsagentskap Moody het vyf van Suid-Afrika se grootste metropolis munisipaliteite afgradeer weens die gebiede se swak likiede finansiële toestand.

In sy kennisgewing sê die agentskap dat die afgradering die volgende munisipale gebiede raak:

Die Stad van Ekurhuleni

Die Stad Kaapstad

Die Nelson Mandela munisipaliteit (PE)

Die stad Johannesburg

Die Richardsbaai munisipaliteit

Finansiële deskundiges sê die afgraderings is ʼn bewys van die stygende  druk op likiditeit wat ondervind word met tekorte aan materiaal en die onvermoe om belastings in te vorder van belastingpligtiges, wat die moontlikheid van konstante groei belemmer.

Moody waarsku ook dat die streke van veral plaaslike owerhede aan die daal is met die beskikbaarheid van kontant wat gevolglik lei tot verswakking van die hele stelsel.

 Met sommige munisipale gebiede wat ʼn afname van tot 10% toon aan belasting inkomste, word die gevaar ligte reeds rooi, het kenners gesê.

Waarskuwings van ekonome en ander deskundiges is dat die swaarkry dae nog voorlê want belastings gaan verhoog, lewensmiddele word duurder, verhogings van salarisse sal baie klein wees, en in sommige gevalle sal geen verhogings gebied word nie.