Suid-Afrika is siek

Die Republiek van Suid-Afrika het nog nooit in sy bestaan so ʼn anargie en so ʼn chaotiese toestand beleef as wat in die afgelope week ondervind is nie.

Dit is onnodig om al die drama en wanorde uit te wys, en kan regdenkende mense verstaan waarom die uittog uit die land skielik die hoogste enkele week ondervind is met mense wat keelvol geraak het vir die gemors wat hierdie land getref het.

Dit is geen wonder dat ʼn radio omroeper van ʼn swart stasie die regering uitgekryt het vir iets wat hierdie koerant liefs nie wil herhaal nie, maar sal wel sê wat die omroeper ook bygevoeg het.

As die regering nie wet en orde kan handhaaf nie, gee die land terug vir die Boere, het hy herhaaldelik gesê nadat hy die volgende reeks foute uitgewys het wat deur die regering gemaak is.

Die Vryburger het ook berigte ontvang van individue in ander lande van die wereld, wat sê hulle begryp nou waarom mense die land wil verlaat, en waarom ander dit lankal gedoen het: Dit wat nou gebeur, is lankal voorspel en voorsien, daarom het hulle betyds padgegee.

Suid-Afrika is nie net finansieel op die randjie van bankrot wees nie, hy is ook polities en kultureel bankrot, sê ʼn voormalige dosent in volkekunde. Die redaksie van Die Vryburger is dit eens met die Volkekundige, en wil selfs ʼn byvoeging maak: Suid-Afrika is siek, en sy siekte is erger as dit wat deur ʼn koronavirus veroorsaak word.

Die gebeure wat mense laat besluit het om weer te trek, hierdie keer die land uit te trek, word hoofsaaklik toegeskryf aan die anargie van verlede week, die swak hantering van die inenting veldtog, die voortslepende korrupsie, die onregverdige voortrekkery van swartes in die arbeidsmark, die tientalle moorde elke dag, die verkragtings wat onophoudelik voortgaan, en dit alles tydens ʼn heerskappy van ʼn swak regering.