Stygende voedsel pryse begin

Die geweldige groot verspreiding van veral die Delta variant van die koronavirus het die pryse van vars produkte die afgelope maand wêreldwyd laat styg.

Die styging, wat ondermeer ook toegeskryf word aan die vele natuur rampe van droogtes, hittegolwe, en die vloedskade in baie lande.

Dit het ook ʼn tekort aan vars produkte veroorsaak in lande van Europa, en die aanvraag het sodanig gestyg dat dit die prys opwaarts gedruk het.

Dit het ʼn direkte invloed op Suid-Afrika wat groter uitvoere moes bied, maar die plunderaars en brandstigters het verlede week veroorsaak dat geen vrag produkte in die Durban hawe verskeep kon word nie.

Intussen het die swakker Rand en die stygende olie prys verder bygedra tot die krisis.

Van die produkte wat reeds op die plaaslike winkels se rakke gekom het, en met ʼn verhoogde prys, is ondermeer vleis, vis, groente, vrugte, wyn, melk, suiker en meel.

Daarbenewens is die prys van brandstof verhoog, en dit lei tot verhogings in die totale vervoer bedryf.

Opnames toon dat die stygings oor die algemeen wissel van 6 tot 7% wat saam met die verhoging in elektrisiteit gesien moet word.