Ster Kinekor gaan gebuk weens virus

Die welbekende rolprent maatskappy, Ster Kinekor, het ʼn dringende beroep gedoen op die regering om die inperkings van Vlak 4 grendel te verlig aangesien hy genoodsaak is om ook te sluit in die tyd.

Die groep sê hy moes gedurende die pandemie van 2020 vir 5 maande sy deure sluit, wat hom ʼn geweldige terugslag gegee het op ekonomiese gebied, en die huidige sluiting vererger sy situasie.

Ster Kinekor sê meer as 1,3 miljoen mense in Suid-Afrika het sy teaters besoek sedert hulle aan die einde van Augustus 2020 heropen het, en die nuwe sluiting het dramatiese gevolge in ʼn tyd wat die filmbedryf ʼn tydperk beleef waarin mense aangemoedig word om die kwynende bedryf te ondersteun.

Ingeligte bronne beweer dat die bedryf miljoene Rand spandeer het in Suid-Afrika aan advertensies om die besoeke na teaters te stimuleer, en dat die huidige verpligte sluiting al die voorafgaande kostes, alles nutteloos gemaak het.