Staat se entiteite in krisis

Meeste staatsbeheerde entiteite soos Eskom, Denel, SAL, Spoornet, Transnet en talle ander gaan binne die volgende drie tot vyf jaar ‘n uittog van kundigheid ervaar.  Daar is tans nog vele Blanke werknemers, veral in senior posisies, wat aftree ouderdom gaan bereik. Hierdie mense hou nog in baie gevalle die “skip” op koers. Hul byt vas ten spyte van baie moeilike werk omstandighede aangesien die laaste paar jaar van hul diens ‘n redelike verskil aan hul  pensioen sal maak.  Indien daar nie mense is wat die werkers se werk kan verrig nie sal dit ‘n groot krisis veroorsaak. Opleiding van plaas vervangers geskied teen ‘n slakkepas aangesien die kundigheid  en opleibaarheid van “kaders” nie moontlik is nie. Selfs in instansies soos Korrektiewe Dienste en die Polisie geld dieselfde probleem. Menige polisie stasies se dag tot dag werking hang af van ‘n kern groepie personeel wat Blank is. Tree diegene af sal dit die laaste strooi wees wat die kameel se rug gaan breek.

Jan Hoffmann