Spanning tussen Hongarye en EU

Die Eerste Minister van Hongarye, Viktor Orban, het die Europese Kommissie van “gewettigde rampokkery” beskuldig nadat regstappe ingestel is oor die land se wet wat dieselfde geslag huwelike verbied.

Die kritici sê die wetgewers verwar homoseksuele bedrywe met die van pedofiele, maar regeringsondersteuners sê die onnatuurlike dat jongmense onder die ouderdom van 18 hulle in sulke verhoudings verbind, kan wag tot hulle ouer geword het.

Premier Orban het in die EU se spervuur gekom oor sy land se verbod op huwelike tussen twee van dieselfde geslag, en verskeie lande se leiers het hulle uitgespreek teen die optrede van Hongarye.

Alhoewel die Hongaarse verbod hoofsaaklik gemik is op die huwelike van jongmense onder die ouderdom van 18 jaar, word die premier ernstig verkwalik, maar sy regering glo die wet beskerm die jongmense en is ʼn huishoudelike aangeleentheid wat geensins die res van die lidlande se belange bedreig nie.

Die liberale media in Europa beweer dat Viktor Orban gaan sukkel om volgende jaar se verkiesing te wen, word deur konserwatiewe kiesers in Hongarye verwerp, en glo die premier sal beslis weer die verkiesing wen.