Skade beloop miljarde Rand

Die voorlopige skade in Natal wat deur die misdadigers veroorsaak is, beloop tans sowat R20 miljard, en in Gauteng word voorlopige syfers van sowat R8 miljard beraam.

Benewens die skade aan geboue, infrastruktuur, winkels wat gestroop is, is daar berigte dat meer as 20 skole ook gestroop is van hulle rekenaars en ander toerusting terwyl minstens twee skole tot op die grond afgebreek is.

Kenners is van mening dat diegene wat die aanhitsing en opstokers is, gehoop het om sukses te bereik om die Ramaphosa bewind omver te werp en Zuma terug te kry as president.

Die menings is uitgespreek dat daar waarskynlik opstokers, organiseerders en voorlopers is wat uit die geledere van die MK Veterane kom, en dat hulle ʼn “staatsgreep” wou uitvoer deur anargie te veroorsaak.

Onbevestigde berigte lui dat alhoewel net een van 12 verdagtes wat agter die opstand sit, reeds vir ondervraging aangehou word, is daar ook ʼn soektog na die ander begin, maar dat geen sukses tot nou bereik is om hulle op te spoor nie.